|
| |
artistmanagement kunstenaarbestuur
feeste music musiek pr
|
|
BSE |
Welkom
by Backstage Entertainment!
Hier kan jy al jou gunsteling kunstenaars bespreek. Ons hanteer ook die klank, verhoog en beligting. Hieronder volg 'n lys van kunstenaars wat deur ons bespreek kan word. Skakel gerus vir Louis du Plessis vir al jou navrae. (011) 704 1530 |
![]() |
DANNY
K |
![]() |
NIANELL
Suid-Afrikaners ken haar as die Engelstem, want wie anders se stem kan duiselingwekkend dartel tussen vier oktawe en spog met style wat wissel tussen Pop, Country, Folk, R&B, Klassiek en selfs Kelties? Dis Nianell, diè bekroonde sangeres, wat as liedjieskryfster reeds fenominale internasionale sukses beleef het met die treffer Who painted the moon. |
![]() |
SNOTKOP
Met meer as 40 000 albums verkoop, vol gepakte sale landwyd en die wenner van meer as 5 toekennings is Snotkop beslis SA se Pop sensasie! Sy nommer een treffer 'PARAPAPA' is tans een van die grootste treffers in die land. Beslis een van SA se beste live kunstenaars! |
![]() |
BOBBY
VAN JAARSVELD
In 2006 wen Bobby 'n Huisgenoot Tempo toekenning by Skouspel vir Beste Nuweling. Dit was`n groot hoogtepunt in sy lewe. Nog 'n hoogtepunt was toe hy gekies was vir Skouspel 2007. Daar is nie woorde om hierdie ervaring te beskryf nie. Hy was ook in 2008 deel van Skouspel. In Mei 2008 het ek begin om saam met my eie band op te tree, dit gee n vertoning soveel meer waarde en is n groot voorreg. |
![]() |
ANDRIETTE
Andriette se cd, Diamant is uit en gaan van krag tot krag. Met liedjies uit die pen van Steve Hofmeyer, Andre Swiegers, Junior Botha, Munro du Toit, William Loots en ook haarself. Die album doen tans baie goed en die jaar het al baie goed vir haar opgelewer soos om op te tree saam met die land se grootste name in musiek soos Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Gert van Tonder, Theuns Jordaan ens. |
![]() |
STAALDRAAD
Staaldraad se lewendige optredes is baie energiek en 'n belewenis. Voorsanger John Tinke kry behoorlik die gehoor aan die gang met sy rasper stem en rou energie. Al vier lede van Staaldraad is gesoute musikante wat al die afgelope 5 jaar musiek maak en hulle kuns verfyn. Hierdie groep het met elke optrede die gehoor letterlik op hulle voete met hulle aansteeklike treffers. |
![]() |
WILLEM
Willem het in die Oos-Kaap ge-oudisie vir Idols as die laaste persoon in die ry, en het deurgedring as een van die drie finaliste in die gala-finaal by Galeger Estate in Johannesburg en uiteindelik 2de ge-eindig in hierdie gewilde reeks. Hierna het dinge vir Willem vinnig gebeur in die musiekbedryf. Hy moes inderhaas verhuis na Johannesburg en het n CD kontrak gesluit met Sony BMG . |
![]() |
ARNO
JORDAAN
Sy vierde album, "Gee my" is nou uitgereik en is sonder twyfel sy beste album nog! Die eerste dag van vrystelling het die cd goue status bereik en verkope is steeds sterk. Arno het homself al oor en oor as ernstige en volwaardige kunstenaar bewys, en sy aanhangers kan daarvan getuig. |
![]() |
WYNAND
EN CHEREE
Wynand Strydom en Suid- Afrika se country girl, Chereé, deel hulle lewe met ons op hulle duet album. Albei hierdie kunstenaars is welbekend in die Suid Afrikaanse musiekbedryf met treffers soos 'Dertig Dae in die Somer' (Chereé) en 'Katrina' (Wynand Strydom). Hulle kan saam bespreek word of as aparte kunstenaars. |
![]() |
IZAK
DAVEL
Hy het 'n huishoudelike naam geraak in 2006 met sy vertolking van die rol van Scab in Egoli - Plek van Goud.Hy is deur die tydskrif Heat aangewys as die 'Hottest Hunk' in die land en het selfs nommer 4 op hul wêreld lys geëindig... Hy het ook 'n gatskop album uit en het reeds op tydskrifte soos Huisgenoot, You, Drum en Heat se voorblaaie gepronk. |
![]() |
STEFAN
LUDIK
Die 27-jarige Namibiër het Afrika met 'n 'bang' getref en miljoene TV-kykers en live gehore bekoor as akteur en sanger. Hy het oornag 'n bekende gesig in miljoene huishoudings geword en die leer na sterstatus bitter vinnig geklim. Stefan is altyd bedrywig, indien hy nie besig is om 'n tv reeks te verfilm nie is hy iewers in Suid-Afrika of Namibië besig met optredes. |
![]() |
MUNROE Munro se baie opwindende
nuwe album is hier en maak gehore reg oor SA mal!
Die aantreklike
sanger het derde in die gewilde Idols fenoom klaar gemaak. Sederdien
het Munroe as kunstenaar gegroei tot een van die land se talentvolste
sangers. Sy optredes is roerend, sy lirieke slim en gehore
kan net nie genoeg kry van die warm kustenaar nie. |
![]() |
BABETTE
Suid Afrika se Rock Chick het behhoorlik almal aan die praat. Haar debuut album 'X Meisie' is 'n paar maande gelede vrygestel en doen vreeslik goed. Babette het ook 'n top tien video op MK vir die snit 'Misverstaan'. Met heerlike, energiebelaaide optredes sal Babette beslis enige fees of funksie laat kook! |
![]() |
KARLIEN VAN JAARSVELD Karlien van Jaarsveld is oppad om groot golwe te maak in die musiek wereld. Sy was vroeer die hoofsanger van die groep revolusie, maar het nou onlangs besluit om solo gegaan. Met 'n goue stem en energieke optredes is Karlien defenitief 'n groot talent wat baie fyn dopgehou moet word.
|
![]() |
JAKKIE
LOUW
Met treffers soos "Drie Pikkewyne", "Die Hoendersong" en 'Marretjie se liedjie" wil almal deel raak van die sanger se skrikwekkende momentum in populariteit. Hy was in 2008, tot in London op versoek van die studente wat verlang na daardie toweragtige Pretoria aande by sy shows. |
![]() |
JODY
Jody, 2007 se Idols wenner toer die hele land vol en het ook opgetree saam met internationale ster Celine Dion gedurende haar SA toer in 2008. Jody het al 'n string treffers agter haar naam en kan gehoor word op al die groot radiostasies landwyd. Jody is 'n opwindende kunstenaar met 'n pragtige stem en sprankelende verhoog persoonlikheid! |
|
A
Abel Kraamsaal Amanda Strydom Amor Vittone Andre Schwartz Anke Pietrangeli Andre Swiegers Andre G Nel Anna Davel Anneli van Rooyen Anton Goosen Arno Carstens Andriette C Carike Keuzenkamp Casper de Vries Casette Chris Chameleon E I S Z |
B D F H J M R T Y W |
|
Die leier in Suid Afrikaanse musiek. Kunstenaar bespreekings, klank, beligting en verhoog huur asook funksie beplanning. Enige kunstenaar wat nie op die lys verskyn nie kan steeds bespreek word, kontak ons met die kunstenaar se naam en ons volg dit graag op. |
.